Sorbe

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Sorbies.
Sorbe

Vier generasies in tradisionele kleredrag
Totale bevolking: 60 000[1]–70 000[2]
  • 40 000 Opper-Sorbe
  • 20 000 Neder-Sorbe
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Duitsland Duitsland 60 000

Flag of the Czech Republic Tsjeggië 2 000[3]

Taal: Sorbies (Neder-Sorbies en Opper-Sorbies), Duits
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Protestantisme en Rooms-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Slawiese volke soos Pole, Slowake en Tsjegge;[4] Duitsers
Die ligging van die Lausitz-streek in Europa
Die verspreiding van Sorbe in die Duitse deelstate Brandenburg en Sakse

Die Sorbe (Opper-Sorbies: Serbja, Neder-Sorbies: Serby, Duits: Sorben, vroeër ook Wende) is 'n Wes-Slawiese volk van 60 000 wat in Duitsland as nasionale minderheid erken word.[5]

Die merendeels Rooms-Katolieke Sorbe is nasate van Slawiese volksgroepe wat vanaf die 8ste en 9de eeu die gebiede tussen die Elbe-, Oder- en Saale-riviere bewoon het. Hulle is tans in twee Duitse deelstate, Brandenburg en Sakse, en hier in die Opper- en Neder-Lausitz-gebied (in die Spreewald en rondom die stede Hoyerswerda en Bautzen) gekonsentreer.

Die Sorbe het steeds hul eie taal en kultuur bewaar en beskik oor hul eie vlag en volkslied wat deur die Duitse owerheid amptelik erken word.[6] Enigiemand mag homself as deel van die Sorbiese volk reken. Die Sorbe se reg op kulturele outonomie is in die sogenaamde Sorbe-wet van 22 Maart 1948 verskans, hul kulturele aktiwiteite word deur die staat finansieel gesteun.

  1. Catherine Hickley (18 Desember 2007). "Germany's Sorb Minority Fights to Save Villages From Vattenfall" (in Engels). Bloomberg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2015.
  2. "Sorbs of East Germany". faqs.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 6 Mei 2016.
  3. "Společnost přátel Lužice". luzice.cz (in Tsjeggies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2019. Besoek op 6 Mei 2016.
  4. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, West" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2015. Besoek op 6 Mei 2016.
  5. "Nationale Minderheiten" (in Duits). Bundesministerium des Innern. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2017. Besoek op 6 Mei 2016.
  6. (de) Die Sorben/Wenden in der Niederlausitz, Domowina-Verlag 2000

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search